![]() ![]() ![]() ![]() |
|
||
|
Besoeker/Visitor sedert/since 7 Sept © Verlatenkloof 2009 Beste resolusie• 1024 x 768 • Best resolution |
|||
|
Moeg vir die stad se gejaag en geraas? Breek weg en kom ontspan 'n paar dae by ons op Verlatenkloof Gasteplaas, 25km voor Sutherland. |
Tired of the
hustle and bustle of city life? |
||
|
Hier staan tyd stil en u kan die rustigheid en stilte van die wonderlike
Karoo ervaar, Moeder Natuur herontdek en selfs die skape se voetspore
teen die berg uit volg.
Van hier kan
Sutherland en omgewing verken en ook die spoor van die Anglo-Boereoorlog
volg. Hierdie wêreld is ryk aan herinneringe aan daardie tyd.
Saans
Na die winterreën spog die veld met die mooiste Namakwalandse veldblomme. Onthou dus u kamera, dis 'n lus vir die oog! Sutherland is 1550m bo seevlak geleë en bekend vir sy sneeu en bitter koue nagte. Verlatenkloof Gasteplaas is aan die voet van die Verlatenkloofpas geleë, 1020m bo seevlak. Die verskil in hoogte lei daartoe dat ons temperature gemiddeld 5ºC warmer is as in Sutherland. Ons gasteplaas is ideaal vir 'n familie kuier, spanbougroepe, natuurliefhebbers, 4x4 entoesiaste en bv. motorfiets klubs. Ons bied 'n kombinasie van akkommodasie, met 3 toegeruste self-sorg kothuise, asook karavaan- en kampeergeriewe. Vir die 4x4 entoesiaste het ons 'n self-ry roete met 'n moeilikheids-graad van 3. Laestrek-rat is nodig, aangesien dit baie steil is. Die uitsigte is baie mooi en jy sal 'n hele dag benodig as jy lekker tyd wil spandeer by die verskillende uitsigpunte. |
Here you can
enjoy the peace and quiet of the
|
|