By ons op Verlatenkloof, 25km voor Sutherland, kan u die rustigheid en stilte van die wonderlike Karoo ervaar waar dit voel of tyd stilstaan en die gejaag en geraas van die stad net ‘n vae herinnering is.

Op ons gasteplaas streef ons daarna om 'n atmosfeer te skep waar gaste nie net tuis sal voel nie maar ook die natuur en buitelewe sal geniet, weg van die gejaag van die stads lewe. Aangesien Verlatenkloof ook n werkende plaas is, raak ons gaste gereeld opgewonde om ons Vaaljapie trekker te sien werk in die lusern lande, of om die wonder van 'n ooi wat lam te ervaar, of om net die ganse, springbokkies en skilpaaie in ons diere kampie te aanskou.
Verlatenkloof Gaste Plaas - Sutherland - Noord Kaap - Huisies - Karavaan - Kamp - Akkommodasie

Ons gaste is welkom on op die plaas rond te loop en ook om die skaap paaidjie tot bo-op die berg uit te stap, vanwaar die fantastiese uitsig oor die golwende berge sigbaar is. So, onthou om jou kamera te bring, die uitsig is n fees vir die oog.

Met Verlatenkloof as basis kan u die Sutherland distrik verken, ons pragtige bergpasse ry en/of die spoor van die Anglo-Boereoorlog volg.  Hierdie wêreld is ryk aan herinneringe uit daardie tyd.  Saans kan u die pragtig sterrehemel aanskou (bring u teleskoop saam) of net gesellig om die braaivleisvuur in die geelbosskerm kuier.